Khayelitsha

Khayelitsha
Khayelitsha met Tafelberg op die agtergrond
Khayelitsha met Tafelberg op die agtergrond
Khayelitsha is in Wes-Kaap
Khayelitsha
Khayelitsha
 Khayelitsha se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°02′25″S 18°40′40″O / 34.04028°S 18.67778°O / -34.04028; 18.67778
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
MunisipaliteitStad Kaapstad
Oppervlak
 • Totaal38,71 km2 (14,95 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal391 749
 • Digtheid10 120/km2 (26 200/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense0,1%
 • Indiërs/Asiërs0,1%
 • Bruin mense0,6%
 • Swart mense98,6%
 • Ander0,6%
Taal (2011)
 • Xhosa 90,5%
 • Engels 3,2%
 • Suid-Sotho 1,4%
 • Afrikaans 1,1%
 • Ander 3,8%
Poskode (strate)
7784
Poskode (posbusse)
7783

Khayelitsha (uitgespreek: [kaɪ.əˈliːtʃə]) is ’n gedeeltelik informele township in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, wat op die Kaapse Vlakte in Kaapstad, net noord van die Valsbaai, geleë is. Die naam is Xhosa vir Nuwe Tuiste. Dit is na bewering die grootste[2] en vinnigs groeiende township in Suid-Afrika.[3]

'n Uitsig oor Khayelitsha
Khayelitsha op die Kaapse Vlakte

Khayelitsha het ’n geskatte bevolking van 392 000 in 2011 gehad en lê 'n paar kilometer met die N2 langs. Sowat 90,5% van die inwoners is swart, 8,5% bruin en 0,5% wit. Die meeste mense praat Xhosa.[4][5]

Sowat 70% van die inwoners woon in plakkershutte en ’n derde moet minstens 200 meter loop na ’n waterbron.[2] Khayelitsha bestaan uit 22 gebiede – sommige oud en gevestig, ander jonger en informeel. Die ouer gebiede wat om en by die apartheids-era gebou is, is Bongweni, Ikwezi Park, Khulani Park, Khanya Park, Tembani, Washington Square, Graceland, Ekuphumleni en Zolani Park.[6]

Nuwer gebiede wat om die ou gebiede gebou is, sluit in Site B, Site C, Green Point, Litha Park, Mandela Park, Makaza en Harare.[6] Buiten Litha Park bevat dié gebiede baie plakkers- en informele agterplaas-hutte.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Khayelitsha". Sensus 2011.
  2. 2,0 2,1 New, Assertive Women's Voices in Local Election Geargiveer 10 April 2011 op Wayback Machine deur Erna Curry, 29 Januarie 2011
  3. http://www.go2africa.com/south-africa/cape-town/khayelitsha
  4. "Khayelitsha celebrates R3.6 million ward allocation handover" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013.
  5. "Township History & Information".
  6. 6,0 6,1 "An evaluation of the effects of poverty in Khayelitsha: A case study of Site C, by Xoliswa Zandile Ndingaye". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2010. Besoek op 29 Maart 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search